Local newsNewsNewsSchools

Kolskoot vir Robbie matrieks

Die skool se 128 matrieks het vanjaar 101 onderskeidings behaal.

Hoërskool Rob Ferreira spog vanjaar met ‘n trotse 100 %-slaagsyfer vir hulle 2018-matrieks.

Daar was 552 hoërskole in Mpumalanga wat die NSS-eksamens geskryf het, waarvan slegs 26 ‘n 100 %-slaagsyfer kon behaal. Rob eindig algeheel sewende in Mpumalanga.

Die skool se 128 matrieks het vanjaar 101 onderskeidings behaal teenoor die 96 van 2017. Daardie jaar het ook slegs 59 % van kandidate met vrystelling geslaag, teenoor vanjaar se 82 % – ‘n verbetering van 23 %.

Met uitsondering van drie het die slaagsyfer in al die vakke verhoog, met dié in besigheidstudies 9,1 % hoër en verbruikerstudie 10,4 % hoër.

Rob spog ook met ‘n vakgemiddeld in wiskunde van 54,4 % teenoor die nasionale gemiddeld van 26,9 %.

Teresa Camara en Nicola Rautenbach is die skool se beste presteerders. Elk spog met sewe onderskeidings. Teresa was 2018 se duxleerling en slaag met 90,6 %, en Nicola met 87,9 %.

Zelu Tesema en Tracy Fankomo het elk ses onderskeidings behaal.

Matshepo Mnisi het vyf onderskeidings gekry en Simoné Venter, Refilwe Bopape, Mthokozisi Ngobeni en Hannah Douglas elk vier.

Nog ses leerlinge behaal drie onderskeidings, agt het twee onderskeidings en 20 leerlinge behaal elk een

onderskeiding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button