Local newsNewsNewsSchools

Numbi se atlete het ook vinnige voete

'n Goeie platform is hier deur die gasheerskole, Rob Ferreira en Laerskool Witrivier aan die besoekende skole verskaf.

Verskeie atlete van Laerskool Numbi het onlangs aan die 21st Century Vinnige Voete byeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira op Witrivier deelgeneem en hulle merk gemaak.

Meer as 1 200 atlete van Barberton, Malelane, Bergland, Laeveld, Nelspruit, Witrivier en Nelspruit Primary het ook aan die byeenkoms deelgeneem.

Vroegoggend het die reënweer die byeenkoms vertraag en het sommige items nie betyds afgeskop nie. Gelukkig kon dit later in die program ingewerk word en het alle items uiteindelik plaasgevind.

‘n Goeie platform is hier deur die gasheerskole, Rob Ferreira en Laerskool Witrivier aan die besoekende skole verskaf om hul atlete genoegsame geleentheid tot deelname te bied.

Nhlanhla Maseko, ‘n vinnige Robbie, het die laerskoolatlete van die Laeveld tydens die byeenkoms kom inspireer toe hy saam met vier atlete van Laerskool Witrivier aan die wedloop van kampioene deelgeneem het. Hy het op die 100 meter merk weggespring, met twee o/10-atlete op die 80 meter merk en twee o/9-atlete by die 70 metermerk.

Maseko het hulle net voor die wenstreep verbygesteek en sy wedloop in ‘n vinnige 10,60 sekondes voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button