Local newsNewsNews

Graad-8 leerders nou amptelik Lydens

Op 7 Februarie het dié leerders hulle naambordjies van karton vir 'n formele naambalkie verruil

LYDENBURG – Gr. 8-leerders van Hoërskool Lydenburg is nou volwaardige Lydens.
Tydens hierdie naambalkieseremonie het die gr. 8’s deur die “vermelkomingshekkie” gestap. Leerders loop tradisioneel deur die hekkie die skool binne vir hul hoërskoolloopbaan en in gr. 12 gaan hulle weer deur die hekkie uit om ‘n nuwe fase in hul lewens te betree.
Die hoofleiers, Tiaan Britz en Keneilwe Shai het elk ‘n positiewe boodskap aan die nuwe Lydens oorgedra terwyl Karel Botha en Thea du Toit as gr. 8-voogde hiérdie wens vir hulle gehad het: “Mag julle nooit ophou beweeg nie, want solank jy beweeg verander jy, en verandering bring vernuwing, verbe-tering en hoop. Mag jy elke dag voluit leef en jou volle potensiaal by Hoërskool Lydenburg bereik.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button