Nuus net in: Twee verdagtes soek na gewapende roof
SAPS het Saterdagoggend wel twee verdagtes vasgetrek.

MBOMBELA – ‘n Man is Saterdag rondom 11:00 beroof nadat hy by die Crossing Standard Bank kontant onttrek het.
Volgens polisiewoordvoerder brig. Leonard Hlathi, het was vier mans betrokke.
Twee verdagtes is in die Audi gearresteer. Die polisie het drie stelle nagemaakte nommerplate in die kar gekry, volgens Hlathi.
SIEN OOK: Armed robbers invade Mbombela home on Valentine’s Day
Die slagoffer is met vuurwapens gedreig. Geen vuurwapens is in die voertuig gevind nie.
Die polisie soek na twee addisionele verdagtes.
Hlathi het bevestig dat Hi-Tech Guards, Saps, die blitspatrollie en die sentrum se karwagte by die arrestasie betrokke was.
LEES OOK: White River mom missing since January
