Local newsLocal sportNewsSport

Plaaslike stoeiers blink uit by kompetisie

Lede van die Witrivier Stoeiklub het op 2 Maart aan 'n MSV-beginnerstoernooi in Mbombela deelgeneem.

Lede van die Witrivier Stoeiklub het op 2 Maart aan ‘n MSV-beginnerstoernooi in Mbombela deelgeneem.

Uitblinkers in die vrystylafdeling vir o/8’s was Bernard Kotzé (goud), Aldo Harbor (silwer) en Keagan Delassus (vierde plek).

Charlize Koté (o/9), die enigste dogter in die klub, het goud behaal terwyl o/10’s se Franco Neuhoff goue en Alvino Braam silwermedaljes losgestoei het. Danilo Pretorius (o/11), Samkelo Mgwenya (o/13) en Werner Steyn (o/15) het al drie ook goue medaljes verwerf.

Lourens Erasmus het goud in die kadettevrystyl verower, Blessing Labotsa silwer en Danilo Pretorius brons in die presidenteskole vrystyl.

In die president junior vrystyl het Christo Nagel silwer, Werner Steyn brons en Clive Labotsa ‘n vierde plek behaal.

Lourens het ook goud in die kadette sowel as die presidente junior Grieks Romeinse styl gekry, terwyl Christo goud in die presidente junior Grieks Romeinse afdeling behaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button