Local newsNews

Wat jy moet weet van onluste

Paaie wat versper word, is al alledaagse nuus in hierdie omgewing maar moet steeds met erns hanteer word.

Volgens Christo van Graan, eienaar van ‘n sekuriteitsmaatskappy, is daar baie wat ‘n mens uit hierdie situasies kan leer.
Protes is gemik om ontwrigting te veroor-saak. Aksies volg ‘n bepaalde patroon en is hoofsaaklik op toegangspaaie na en van myne toegespits.

“Hierdie optredes vind meestal laatmid-dag, snags en vroegoggend plaas wanneer skofte ruil en werkers óf op pad werk toe óf op pad terug is. Dit is gewoonlik tussen 16:00 en 10:00.

“Versperrings kom gewoonlik nie van Vrydae 15:00 tot Sondae 17:00 voor nie, maar die situasie kan vinnig verander.

“Voertuie word gebruik om paaie te af te sper en vragte word in paaie gestort. Ander voorwerpe soos takke, brandende bande, grond en klippe word ook gebruik. ”

Dit word op strategiese plekke soos brûe, vernouings en ook by stopstrate en kruisings gebruik om die maksimum ontwrigting te veroorsaak.

“Die area waarin ontwrigtings voorkom strek oor ‘n wye gebied en dit neem die SAPD gewoonlik ‘n ruk om by die toneel op te daag om die probleem op te los.”

Van Graan doen die volgende aan die hand: Beplan vooruit wanneer jy deur hierdie areas moet beweeg. Wees oplettend. Hou aankomende verkeer dop. Die paaie is gewoonlik besig en indien daar geen aankomende verkeer is nie, dui dit moontlik op ‘n probleem vorentoe. Ry stadig in die donker. Vragte wat in paaie gestort is en voertuie dwarsoor ‘n pad is moeilik sigbaar.

“Ken jou omgewing en vind uit waar alternatiewe roetes is. Gee inligting deur en help ook om paaie veilig te maak vir ander,” is sy aanbeveling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button