
MIDDELBURG – Die vrou wat haar man op 2 Oktober 2013 in die rug geskiet het, is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.
Annamarie Mulder is vroeër aan poging tot moord skuldig bevind nadat sy haar man, Seef geskiet het.
Sy het ten tyde van die klag, in 2015, by Radio Laeveld die ontbytprogram, Ontbyt Jolyt, behartig. Sy het ook bekend gestaan as Antz van der Heever.
Mulder se advokaat, Denton Goodford, het verlof tot appèl teen die vonnis gevra en streeklanddros Andreas Masteroudes het dit toegestaan. Verlof tot appèl teen die skuldig-bevinding is geweier.
LEES OOK: UPDATE: Cub of leopard that killed toddler, also shot
Staatsaanklaer, Derik Rowles het die aand as volg beskryf: “Die beskuldigde het drie goed gekorrelde skote in die rug van die klaer gevuur. Daarna opgestaan, nadergestap, en op ‘n nog korter afstand hom nog een keer in die rug geskiet.”
Hy het gesê dat die handelinge van die beskuldigde van so ‘n aard was “dat dit blote geluk is” dat sy nie van moord aangekla is nie.
“Sy het absoluut alles gedoen wat sy moes doen om die lewe van die klaer te beëindig en het waarskynlik gedink dat sy dit inderdaad gedoen het.”
LEES OOK: BREAKING NEWS: ATM in Barberton blown up
Rowles het gesê dat Mulder die erg beseerde Seef op die grond gelos en voortgegaan het om die veiligheids-deure te sluit.
“Sy het enige moontlike, vinnige hulp vir die klaer uit die weg geruim.” Hy het gesê dat sy ook niks gedoen het om die klaer se lewe te probeer red nie.
Rowles is van mening dat sy “koelbloedig en berekenend” opgetree het toe sy vir Seef geskiet het.
“Nie net was haar skote duidelik afgemeet, gekorrel en afgevuur nie, sy het selfs nader gestap ten einde die finale doodskoot toe te dien.”
LEES OOK: Mpumalanga MEC condemns recent killings of women in the province
Borg is aan Mulder (nou Fraser) toegestaan tot uitspraak in die appèlsaak gelewer is.
