NewsSchools

Laerskool Laeveld reik uit na St. John’s Care Centre

Indien enigeen ook by die tehuis betrokke wil raak, kan Rina Mienie geskakel word by 082-962-0176 of op sjccadmin@promattron.com.

MBOMBELA – Vir die leiers van Laerskool Laeveld is dit belangrik om elke jaar te verseker dat hulle aan die gemeenskap teruggee.

Vanjaar was geen uitsondering nie en op 17 Mei het hulle die St. John’s Care Centre net buite Barberton besoek.

Die sentrum spesialiseer in die verskaffing van liefdevolle sorg en ondersteuning vir weeskinders wat met MIV gediagnoseer is.

LEES OOK: FOTO’S: Laerskool Laeveld familiekarnavaal

Volgens die skool se woordvoerder, Sonja Holtzhausen, is dit ‘n projek waaraan die hele skool deelneem.

“Elke graad samel items op die sentrum se wenslys in en dit word dan deur ons prefekte uitgedeel.”

Die items op die wenslys sluit kos, nie-bederfbare produkte, skoonmaakmiddels en toiletware in.

“Dit is goed vir die leerders om te leer om ook vir ander te gee wat minderbevoorreg as hulle is,” meen Holtzhausen.

LEES OOK: Laerskool Laeveld dominate on rugby field

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button