NewsSchools

Ma’s en dogters berei saam voor vir afskeid

Hoërskool Bergvlam se matriekdogters en hul ma's het Saterdag 1 Junie by die gewilde Tindlovu at the Gardens hul jaarlikse ma-en-dogterontbyt geniet.

MBOMBELA – Die bekende doula en eienaar van Belgrace Boutique Hotel, Belinda Loudon, het die voorreg gehad om met die besonderse groep te gesels oor die tema, “Jy is sterker as wat jy dink”.

Loudon, ‘n ma van vier dogters, wie se oudste self hierdie jaar in gr. 12 is, het haar lewensverhaal gedeel.

LEES OOK: New principal with a plan for Bergvlam

Sy het die vergelyking getref dat wanneer jou dogter die huis verlaat, dit soos die dag is wanneer jy aan haar geboorte geskenk het: sy verlaat die veiligheid van jou huis vir die wêreld daar buite.

Khomotso Malapane van Psychosocial Guidance, het vir elk van die ma’s ‘n glasbotteltjie gegee om vir hul dogters ‘n briefie in te plaas wat hulle oral saam met hulle kan dra wanneer hulle die huis verlaat.

Jolanda Nel, Bergvlam se maatskaplike werker, het saam met een van haar tweelingdogters, Anri, ‘n lewenstas gepak.

In die tas was onder meer boeke, as simbool van opvoeding, ‘n beursie vir verantwoordelikheid, parfuum vir vrede en geluk, ‘n spieël vir respek, ‘n Bybel as teken van geloof en ‘n teddiebeer vir liefde. Jolanda het ook vir Anri haar pêrels gegee, “want jy is waardevol”.

Dit was ‘n ongelooflike spesiale oggend en is afgesluit deur die ma’s en dogters wat saam ballonne losgelaat het as simbool dat hulle gereed is om mekaar ook te laat gaan.

SIEN OOK: Bergvlam inspireer leerders om Wiskunde-liefhebbers te word

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button