Mathys vermaak dorpie se inwoners
Die immer- gewilde sanger, Mathys Roets het Saterdagaand Lydenburgers trakteer op van sy mooiste liedjies en nostalgie onder die gehoor by Laske Nakke opgeroep.

“Daar is plekke waar ek altyd vanuit die staanspoor welkom voel, en Lydenburg is een so ‘n plek,” het Roets Lydenburgers vertel.

Hy kan gereken word as een van die land se statuskunstenaars. Sy besielende en inspirerende liedjies laat altyd ‘n gevoel van waardering by gaste. Saterdagaand het hy in sy diep stem liedjies van Gert Vlok Nel, Tom Jones, Neil

Diamond en ander ikone gesing. ‘n Gewilde keuse was die liedjie “In My Lewe”, wat hy vertel het deels op sy eie lewe van toepassing kan wees.

Tussendeur het hy met sy inspirerende boodskappe en kwinkslae die gehoor besiel.
Sy optrede was tydens ‘n fondsinsamelingsaand vir die Gereformeerde Kerk Lydenburg.
