Local newsNewsNews

Kruppel Buffels oud maar nie koud nie

Moenie dat die grysheid jou flous nie.

OHRIGSTAD – Die Kruppel Buffels en Omies van Ohrigstad het onlangs kragte gemeet en vir baie vermaak gesorg.
Gereelde toeskouers wat die Ratels weekliks ondersteun, se ouer gardes het in twee spanne verdeel en besluit om hulle rugby soos die jongklomp uit te leef.

Daar is nog baie skop in daardie ou bene. Die hulp van ‘n versterkertjie langs die veld het die oumanne met sommer baie moed op die veld laat draf.

Punte is kort na mekaar aangeteken, maar op die ou end het dit hier nie gegaan oor om die wedstryd te wen nie. Punte het nie saak gemaak nie. Die belangrike was die gees van die geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button