AdvertorialBusinessLocal newsNewsNews

Kom skud jou naweeklyfie saam met Jay en Lianie by die #CorridorBuffalofest

Die Onderberg se lekkerste kuier van die jaar vind Saterdag 27 Julie by die Buffalo Hotel in Hectorspruit plaas. Slegs 500 kaartjies is beskikbaar.

Die Corridor Buffalo Festival open om 12:00 en gaan tot laataand die Onderbergers aan die gang hou. Daar gaan talle kunstenaars en vermaak wees vir oud en jonk om te geniet.

Behalwe vir Jay en Lianie kan feesgangers ook uitsien na Pieter Naude, Jezellle, Karlien Husselman, Anthony McGee en MC Illusionist Johan Yssel.

 

Met vele albums, multi-toekennings en ‘n film agter die blad, is Lianie May nie net ‘n huishoudelike naam nie, maar sy is hier om te bly en reg om ons te bekoor tydens die #CorridorBuffalofest.  Suid-Afrika se lieflingsangeres kan nie wag om by Hectorspruit saam met Jay op te tree nie.

“Ek glo dit is belangrik om na die mense toe te gaan, die mense wat my gehelp het om te kom waar ek vandag is. Ek wil weer vir hulle optree en harte aanraak met my sang,” verklap sy met ’n sprankel in haar oog.

 

Jay du Plessis is die stoutseun van Afrikaanse popmusiek wat enige partytjie behoorlik aan die gang kry. Met ‘n lys treffers is hy almal se liefling met sy ondeunde maar innemende persoonlikheid.

Of dit nou die indrukwekkende versameling duette saam met Lianie May is, of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, Jay se perfekte balans van melodie en liriek waarborg weer eens sukses, snit vir snit.

 SA se gewildste duetpaar – Jay en Lianie May

Niemand sal ooit die ikoniese Toe Stop My Hart vergeet wat van Jay en Lianie May, Suid-Afrika se gewildste duetpaar, gemaak het nie.

Na die wegholsukses van hul eerste duetalbum, Bonnie en Clyde, het hul die opvolg, Vir Liefde in 2016 uitgereik.

Die Beste van J&L is in 2018 vrygestel en die duetpaar bly ‘n gunsteling onder oud en jonk met uitverkoopte konserte reg oor die land.

Lianie en Jay se nuwe album word binnekort verwag en dit beloof om weer een te wees wat die aanhangers gaan wegblaas met tong-in-die-kies liedere.

Toegang na die #CorridorBuffalofest is R100 per persoon en vir kinders onder 12 is dit R50. Kontak die Buffalo Hotel op 013-792-4227 of e-pos reception@buffalohotel.co.za om jou plek te bespreek.

Daar is sleg 500 kaartjies beskikbaar en jy wil nie hierdie fees misloop nie!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button