Local newsNews

Skeppende werk skitter by toekennings

Indrukwekkende handwerkstukke van regoor die land is Sondagaand by die Innibos Nasionale Handwerktoekennings by die Mbombela Burgersentrum uitgestal.

Dit is die derde gebeurtenis van sy soort. Vanjaar is 1 200 inskrywings ontvang, sowat 400 meer as die eerste bestaansjaar van die geleentheid.

“Hierdie stukke is die drade en vesels van kuns in Suid-Afrika,” het Innibos se bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs gesê.

‘n Geborduurde stuk van Noria Mahlaule en Try Nkuna wat die gesamentelike eerste plek gewen het.

Sy het bygevoeg dat dit ‘n voorreg is om hierdie tipe vaardighede te kan vier.

Vanjaar was daar gesamentlike wenners van die R50 000-kontantprys.

Die eerste was Noria Mahlaule en Try Nkuna, van die Kaross-kollektief, wie se tradisionele borduurwerk die beoordelaars beïndruk het.

Die tweede wenner was Clare Rothwell, wat ‘n stoel gemaak het uit herwonne koerante en ekostene.

Tydens die toekennings is Simon Masilo postuum bekroon vir sy bydrae tot kuns en kunsvlyt in Suid-Afrika.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button