Herontdek jou skooldae saam met Schalkie en Cassie
Die komedieduo gaan jou beslis laat skaterlag.

Die klem, so by my kool, lê by die skool. Dit is skerpskertslegende, Casper de Vries, se verduideliking van sy en grapmaker Schalk Bezuidenhout se nuutste vertoning, Schalkie en Cassie Hou Konsert!
Die vertoning maak vanjaar ‘n draai by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees.
Die toneelstuk is gebaseer op die verskillende eras waartydens De Vries en Bezuidenhout skoolgegaan het en sluit ook individuele skerpskertsery van die twee komediekonings in.
LEES OOK: VIDEO: Koekeloer! @ Innibos 2019
“Ek het gedink dit kan oulik werk om te gesels oor ons verskeie eras van skooltyd, want daar het interessante dinge gebeur,” vertel De Vries, en voeg by dat hy baie opgewonde oor die produksie is.

Bezuidenhout sê dit is vir hom altyd ‘n voorreg om saam met De Vries op te tree.
“Voor ek na enige internasionale skerpskertsterre gekyk het, het ek altyd vasgenael voor die televisie na die Casper Rasper Show gekyk. Ek was in daardie stadium nog te jonk vir die Casper Rasper Show, maar my ma het my toegelaat om te kyk en my selfs by sy vertonings ingesmokkel toe ek nege jaar oud was, omdat sy kon sien hoe baie ek dit geniet het. Ek het haar altyd mooi belowe dat ek nie daardie woorde sal herhaal by die skool nie,”
vertel Bezuidenhout.
https://www.facebook.com/lowvelder.co.za/videos/348409292504744/
Die duo het die verhoog die eerste maal in 2016 gedeel toe hulle ‘n drie-in-een-vertoning saam met Hannes Brümmer gedoen het.
• Schalkie en Cassie Hou Konsert! vind Saterdag om 16:00 op Lowveld High se verhoog plaas. Kaartjies beloop R142 per persoon en is by Computicket beskikbaar. Die vertoning duur 70 minute en geen persone onder die ouderdom van 16 word toegelaat nie.
LEES OOK: VIDEO: kykNET Rock Nou!-Konsert @ Innibos 2019
