Innibos weer eens ‘n uithalerfees
Die fees het dit weer gedoen: dit was vanjaar sowaar weer groter en beter as verlede jaar.

MBOMBELA – Die hele week, van die afskop-parade Woensdag tot die afsluiting met die Loof Hom Innibos Sondagaand, het meer mense Innibos ondersteun.
Sandra Jacobs, bemarkings-bestuurder, sê die bywoning was baie goed.
Buiten ‘n rekord-hoeveelheid mense tydens Donderagaand se rockkonsert op die hoofverhoog, is 2 450 meer kaartjies vir die feesterrein vanjaar verkoop.

Jacobs skryf dit toe daaraan dat hul kaartjiepryse vanjaar glad nie verhoog is nie, en dat hulle verskeie spesiale aanbiedinge gehad het – soos die 500 weekkaartjies spesiaal vir plaaslike inwoners teen slegs R300.
“Dit het die weekkaartjie-verkope beduidend opgestoot, en maak die hele week se bywoning hoër,” sê sy.
Saterdag, die grootste dag, het nagenoeg 36 000 mense die fees bygewoon – teenoor net so oor die 30 000 verlede jaar.
Die impak op die plaaslike ekomonie is nog nie bereken nie, maar net verlede jaar se ekonomiese bydrae was R80 miljoen. En dit in ekonomies moeilike tye.
LEES OOK: Chris Torr en Laurika Rauch word vereer vir hul bydrae tot Afrikaanse musiek
“Ek dink dit was baie goeie waarde vir mense se geld,” sê Jacobs.

Sy dink ‘n groter persentasie besoekers was ook van Gauteng. “Verlede jaar het die petrolprys net voor die fees baie verhoog wat dagbesoekers beïnvloed het. Hierdie jaar was daar ‘n vooruitsig van verlaging.”
Die Kruger-Laeveldse toerisme- en sakekamer se Linda Grimbeek stem saam. “Die akkommodasie was heeltemal vol – ook in Witrivier weens die Cravenweek.
“Die grootste impak is op akkommodasie. Dit is ‘n wonderlike ekonomiese insluiting vir Mbombela.
“Mense bly ook langer weens die skoolvakansie. Ons sien baie besprekings vir ander aktiwiteite. Dit gebeur meer en meer dat mense langer bly. Hoe duurder petrol raak, hoe langer bly hulle.
“Ons ervaar dat plaaslike mense hulle geld by Innibos spandeer – eerder as op hul gewone maandelikse uitgawes,” voeg sy by.
Jacobs beraam dat daar elke jaar so ongeveer 1 000 tydelike werksgeleenthede geskep word, tussen die fees en hul diensverskaffers. Dit is egter nie waar die ekonomiese impak stop nie. Dit kring veel wyer uit. (Sien onder).
Sy het afgesluit dat hulle die publiek se goeie ondersteuning waardeer. Sy het al die mense in die dorp, die stadsraad vir hul dienste, borge, uitstallers en kunstenaars bedank dat hulle gehelp het om die fees ‘n sukses te maak.
LEES MEER: Innibos 2019 nuus
Nog mense sê
JD Venter, bestuurder by BP Sonpark-vulstasie:
Die fees het beslis ‘n positiewe impak en elke jaar is dit daardie ekstra stukkie wat ons nodig het. Hierdie jaar het ons min of meer dieselfde hoeveelheid mense gehad as verlede jaar. Die winkel se omset is wel groter as die van die vulstasie, maar ek glo dit is dié geval vir al die winkels wat na-ure oop is.”
Chris Christie, owner of Crossing SUPERSPAR:
For us it was a month-end weekend, so I do not think Innibos had a significant impact on us. In the past, however, it did not have a positive impact because people spent their money at the festival. However, I do think that it is great for Mbombela.”
Solange Soares Nicholson, TRAC N4 spokesman:
Our routes were quite busy, especially from Friday as well as on Sunday. We believe Innibos plays a huge roll in social and economic developments. It also brings in millions of rand and creates temporary jobs. This is not only in the city, but in the whole Lowveld. For TRAC that is one of the key reasons we support them.”
Jacques van Zyl, eienaar van Salsa by i’langa Mall:
Daar was definitief meer mense as gewoonlik, maar dit was ook die einde van die maand so ek kan dit nie regtig toeskryf aan Innibos nie.”
Lindiwe Ntshalintshali, MEC for culture, sport and recreation:
We are a department that supports social cohesion and we believe that Innibos does this. The festival brings all races together and helps to create jobs. We also support the crafters and I believe we achieving what we want through the festival.”
Mel Tomlinson, local businesswoman and business coach:
I think the festival is very positive, although it has different impacts on sectors. As guest house owners we benefited from being overbooked and even had people camping in our garden. As a business coach, some of my clients complained that not enough of the festival takes place in town. From a cultural perspective, the festival has something for everyone. I think this year they made effort to include the English and other African cultures.”
