Local newsNewsNews

Stoeiers kom huistoe met medaljes

Lydenburg Stoeiklub bestaan slegs 'n jaar en ses maande, maar hierdie klub woeker met hul stoeiers se talente.

Gedurende hierdie tyd het die klub reeds aan vyf stoeikampioenskappe van die Suid-Afrikaanse stoeifederasie deelgeneem en ook vier Mpumalanga-stoeiers opgelewer.

By die mees onlangse SA kadetstoei-kampioenskap op 21 en 22 Junie in Middelburg het Miteyo de Villiers ‘n derde plek vir vrystyl in die junior kadetafdeling (65 kg) behaal. Dit was die vierde keer in een jaar dat hierdie stoeier as deel van die Mpumalanga-span aan ‘n Suid-Afrikaanse stoeikampioenskap deelgeneem het en dié keer het hy ‘n met ‘n medalje teruggekeer.

De-Handré Kok, wat binne ses maande aan drie SA stoeikampioenskappe as deel van die provinsiale span deelgeneem het, het vir die derde keer by die onlangse kampioenskap in sy gewigsafdeling junior kadet (45 kg) ook met ‘n bronsmedalje in vrystyl weggestap.

Martin Smith het in die senior vrystylafdeling deelgeneem en ‘n vierde plek in sy gewigsafdeling (92 kg) behaal en sy Mpumalanga-kleure hier verower.

Nog ‘n stoeier van die klub, Stephen Lowe het ook ‘n vierde plek ingepalm op die kampioenskappe in die veterane vrystylafdeling en ook sy Mpumalanga-kleure verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button