Local newsLocal sportNewsSport

Witrivier se rugbyspanne net veel beter as dié van Middelburg

Die tweede span het met 18-15 gewen en die eerstes het met 28-18 gewys wie is baas.

Witrivier Rugbyklub se eerste en tweede spanne het verlede week weer hul staal gewys toe albei teen Middelburg op die Hoëveld geseëvier het.

Die tweede span het met 18-15 gewen en die eerstes het met 28-18 gewys wie is baas.

Martin Mangwiro is as die voorspeler van die eerste span se wedstryd aangewys en Eldrid James as die agterspeler.

Vir die tweede span is Armand Botha as voorspeler van die wedstryd en De Wet Boshoff as die agterspeler aangewys.

Eerskomende Saterdag pak die Witrivier-spanne hul teenstanders uit Witbank hier op Witrivier aan.

Foto’s: Tobie van den Bergh

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button