Local newsNewsNews

Veldskool bly maar fees

Vuilword, sterrekyk en laat nagte is die wenresep vir elke veldskool wat leerders altyd sal onthou.

Elke jaar is veldskool- en leierskampe vir graadses- en graadsewe-leerders van Waterval CVO-skool iets om na uit te sien. Om vanjaar uBhetyan Game Lodge te kon besoek, was ‘n groot belewenis.
“Watter fees was dit nie om hart en siel aan al die aktiwiteite te kon deelneem nie,” vertel onderwyser, Marune Briel. “Groot was die verrassing toe een van die fasiliteerders ‘n deelnemer van die televisieprogram, Boer Soek ‘n Vrou, was!
Dit was ‘n voorreg vir die kinders om tussen die diere te kon beweeg, saam met ander maats uitdagings te kon oorbrug en saans pootuit in die bed te val.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button