News

Minagting van die hof in kort

Dit is ‘n kriminele oortreding.

MBOMBELA – Minagting van die hof is die wederregtelike en opsetlike aantasting van die aansien van ‘n landdros of regter, of ‘n instruksie van die hof wat nie gehoorsaam word nie.

Verder kan die openbaarmaking van inligting in ‘n hangende geding, wat die uitkoms van ‘n saak kan beïnvloed ook op minagting neerkom. Die verskillende vorme van minagting staan bekend as In Facie Curiae en Ex Facie Curiae.

ALSO READ : Solved: The difference between rape and statutory rape

In Facie Curiae is wanneer minagting van die hof gepleeg word, in die teenwoordigheid van die landdros, terwyl die hof in sitting is en die voorsittende beampte beledig voel.

Andersins word dit ook gepleeg wanneer iemand hom- of haarself op so ‘n manier wangedra, dat dit die waardigheid van die hof of die voorsittende beampte aantas. Die hof het dan die bevoegdheid om summier teen die beweerde oortreder op te tree.

ALSO READ : Wenslys vir Bejaardes pleit vir hulp van gemeenskap

In die saak (NEL 1991 (1) SA 730 (A)), het die applikant in ‘n hofaansoek beweer dat die hof  woer-woer speel met die feite en dat die hof lafhartig was. Hy word toe summier skuldig bevind aan minagting van die hof.

Die doel is om die beskuldigde tot sy sinne te bring en om hom te kry om sy onvanpaste gedrag te staak. Hy het die geleentheid gekry om die hof toe te spreek voor skuldigbevinding.

ALSO READ : Cat burglar on the prowl

Ex Facie Curiae verwys na aanhangige sake waar daar wederregtelik kommentaar gelewer word op sulke sake. Dit sluit ook inmenging met die ooggetuienisse in en  waar ‘n beskuldigde nie ‘n hof se opdragte gehoorsaam om voor die hof te verskyn nie.

Verdermeer verwys dit ook na gevalle waar sake nie aanhangig is nie, soos die versuim om ‘n finale hofbevel na te kom, of die belemmering van ampsdraers van die hof, in die uitvoering van hul take.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button