Local newsNewsNews

Als wat jy gemis het by die Wildevy – Video grepe

Mense het van heinde en verre gestroom na die Wildevy 4x4 Gesinsdag verlede Saterdag.

Sowat 5 350 mense het van vroegdag deur die hekke beweeg om deel te wees van vanjaar se skouspel.
Voor die hekke geopen het, het 112 voertuie reeds in ‘n ry gestaan en wag dat die dag afskop.
Van die eerste hindernis af was dit duidelik dat die baan vanjaar baie uitdagend sou wees.

Nie net is die bestuurders se bestuursvernuf getoets nie, selfs die navigators moes deelneem aan verskeie aktiwiteite by elke hindernis voordat die spanne kon aanbeweeg. Dit was hier waar spanne óf kon punte opstapel óf verloor, wat teen die einde van die dag die wenner bepaal het.

Aan kosstalletjies en uitstallers was daar nie ‘n tekort nie. En vir die dors na al die gestap in die warm son, was die biertent en wyntuin ‘n lafenis. Hier kon feesgangers rustig sit, die musiek en vermaak geniet en hul voete ‘n blaaskans gee.

Kyk video greep hier: Pret in die modder

Die mallemeule met verskillende pretritte was vanjaar weer ‘n treffer.
Toe die son begin sak, het die
showstopper afgeskop. Dit is ‘n hindernisbaan vir diegene wat nie lig in die broek is nie. Voertuie word hier tot die uiterste getoets en slegs ‘n handjievol maak dit tot die einde. Besoekers wat te na aan die baan gesit het, was met tye verswelg deur rook en moes maar die modderspatsels trotseer.

Later die aand het die prysuitdeling plaasgevind waar al die wenners in die verskeie kategorieë aangekondig is. Daarna het die kunstenaars Ampie, Appel en Zak Steyn opgetree. DJ Robbie het gesorg vir verdere musiek tot laatnag.
Dié 4×4-gesinsdag is een van die projekte wat jaarliks deur ‘n klomp manne uit die gemeenskap daargestel word om fondse vir minderbevoorregtes in te samel.

Kyk die volgende greep

Die wenners van die hindernisbaan is soos volg:
• Algehele wenner: Dewald Snyman en Tyrone Monteith
• Mans eerste plek: Jacques en Hannes Swart
• Vroue eerste plek: Michelle de Lange en Juanré van Tonder
• Gemengde span (mansbestuurder): Nico Boshoff en Angelique Nel
• Gemengde vroue (vrouebestuurder): Sue-Marie Greeff en Ryno de Lange
Potjiekoskompetisie-wenners:
• Beste pot: Lamproom Solutions
• Beste gees: Build it
• Beste tema: 1 Stop Midas
• Vat nie k@k nie-pot: Dwarsrivier Myn
• Algemene beste pot: 1 Stop Midas
Beste punte borg:
• Samancor ECM.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button