Black Cats het g’n kat se kans
Tydens die wedstryd op Laerskool Numbi se veld het die tuisspan daarin kon slag om ses drieë te druk, waarvan drie verdoel is.
Hazyview Rugbyklub het verlede Saterdag daarin geslaag om die Black Cats se sterte te knoop deur hulle oortuigend met 36-24 te klop.
Tydens die wedstryd op Laerskool Numbi se veld het die tuisspan daarin kon slag om ses drieë te druk, waarvan drie verdoel is.
Lucky Nkomo en Jean Mazibeni het elk twee keer agter die pale gaan kuier en Kobus Coetzee en Michael Smit kon elkeen nóg ‘n drie byvoeg. Weber Levendal kon met een doelskop slaag en Smit met twee.
Teen rustyd was die manne in groen reeds met 31-17 voor.
Die Black Cats kon met drie drieë en ‘n strafskop slaag.
Coetzee is as Hazyview se voorspeler van die wedstryd aangewys en Nkomo as die agterspeler.
Op 3 Augustus gaan die Hazyviewers op Barberton hul slag wys en hoop om weer sukses te behaal. In Junie het hulle met net twee punte teen ‘n gedetermineerde span van Barberton verloor.