Local newsNewsNews

Moontlike nuwe tuiste vir Voortrekkermonument

Die bal is aan die rol om die Voortrekkermonument wat voor die poskantoor op die dorp staan, te verskuif.

Na aanleiding van ‘n berig verlede week in die koerant dat ‘n gemeenskapsleier, Mandla Martin Mohlala ‘n versoek aan die burgemeester van Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit gerig het rondom die verandering van

Voortrekkerstraat se naam asook die verwydering van die monument, is aansoek gedoen om die monument na die terrein van die NG Moedergemeente te skuif.

Lees meer: Group calls for the removal of Voortrekker Street and its monument

In sy brief aan die burgemeester, Fridah Nkademeng, het Mohlala wat nie net homself nie, maar klaarblyklik ook ‘n faksie van die Mashishing-gemeenskap verteenwoordig, gesê dat “na 25 jaar in die huidige politieke bestel, die nalatenskap van apartheid steeds in die dorp voortleef”.

‘n Aansoek van die Mpumalanga Erfenis om dié monument van 1938 vanaf sy huidige posisie op die hoek van Voortrekker- en Burgerstrate na die kerkgronde te skuif, verskyn vandeesweek in die koerant.
Die kennisgewing lei dat die aansoek om verskuiwing gerig word om die monument van moontlike skade wat mag veroorsaak word deur motorverkeer, te beskerm.

Lees meer: https: Voortrekkers in Burgersfort

Enigiemand wat beswaar teen die verskuiwing wil aanteken, moet dit binne 14 dae vanaf die plasing van die kennisgewing aan die Mpumalanga Departement van Kultuursake en Sport by name van Benjamin Moduka by bmoduka@mpg.gov.za of 076-937-5198, rig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button