Local newsNewsNews

Makiti vir Plaashuis se verjaarsdag

Vrydagaand was daar 'n groot makietie by die Plaashuis ter viering van hulle negende bestaansjaar.

Dit voel soos gister wat die Plaashuis sy deure geopen het. Nie net het dit ‘n gewilde kuierplek in die dorp geword nie, maar ook ‘n plek waar gesinne smullekker etes kan geniet.

Die Plaashuis is uniek van binne en buite. Dit word bestuur deur mense met ‘n hart vir die gemeenskap en Suid-Afrika. Die tema van die kuierplek is eg Suid-Afrikaans.

Lees meer: Plaashuis groet die nuwejaar in Mosambiekse styl

Dit is die eerste jaar dat eienaar Judy Winterbach die leisels op haar eie oorgeneem het, en die restaurant vrou alleen bestuur. Sy en haar vennoot het verlede jaar paadjies geskei en sy spog nou met alleenregte op die Plaashuis.

Vrydagaand se tema, “Die land behoort aan jou,” is na aan haar hart. Sy het ‘n passie vir haar land, maar grotendeels die geskiedenis daarvan, het sy aan die koerant vertel.

Soos gewoonlik was die Plaashuis weer stampvol. Die groep Juan Stecker het opgetree en vir lekker vermaak gesorg.

 

“As alleeneienaar vir die eerste jaar, was dit regtig ‘n droom wat waar geword het! Ek sê dankie vir elke klant wat agter my gestaan het. Ek is waarlik baie dankbaar vir elkeen van julle,” sê Winterbach.

Foto krediet: Chantelle Weber

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button