Stilsit in die kerk vir ‘n splinternuwe fiets
Klein Lourens Griezel van Malalane wat die week nege jaar oud geword het, het onlangs 'n groot teleurstelling oorgekom. Sy eerste fiets is uit hul erf gesteel.

Dit was ‘n fiets wat aan hom geskenk is deur die bekende fietsryer Dirk Lourens, wie ook die fietswinkel in Hectorspruit het.
Klein Lourens is die oudste van vier. Sy pappie is so ‘n paar jaar gelede dood en sy mammie sorg nou alleen vir hulle. Sondae in die kerk help oom Dirk ook so bietjie om die woelwaters onder beheer te hou, en klein Lourens is ‘n fiets belowe sou hy so ‘n paar maande of meer mooi stilsit in die kerk.
LEES OOK:Die Buffelfees sorg vir heerlike samesyn
Groot was die blydskap toe hy sy eerste fiets kry en net so groot die teleurstelling toe ‘n dief eendag oor die muur klouter en sy fiets uit die erf steel.
Die Hervormers van Malalane het hiervan te hore gekom en stilletjies saamgestaan om weer vir hom ‘n fiets te koop.
Verlede Saterdag, hier vlak voor sy verjaarsdag, was die verrassing groot toe ds. Kiewiet van Deventer met ‘n splinter-nuwe fiets agter op sy bakkie by klein Lourens se huis opgedaag het.
LEES OOK:Carte Blance looking into Marloth mining crisis
