Local newsNews

Beweerde pedofiel terug in die hof

Die saak is tot 1 Oktober uitgestel om forensiese maatskaplike werkers die geleentheid te gee om verklarings by die slagoffers af te neem.

MBOMBELA – Die 63-jarige beweerde pedofiel wat in September 2018 gearresteer is, het onlangs ‘n noue ontkoming met die gereg gehad.

Die man word daarvan aangekla dat hy twee minderjarige kinders seksueel aangerand het. Hy staan ook tereg op ‘n aanklag van onwettige vuurwapenbesit.

Volgens Nelspruit SAPD se kapt. Adriaan Odendaal, is ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming op 7 Augustus bemagtig nadat hy nie vir sy hofverskyning by die Nelspruit Landdroshof opgedaag het nie.

LEES OOK: Lasbrief vir beweerde pedofiel bemagtig

“Hy het daarna met my kontak gemaak en gesê hy het die datums verwar, waarna ek vir hom gesê het hy moet Maandag om 08:30 by die aanklaer aanmeld.”

Volgens Odendaal het die beskuldigde Maandag voor die landdros verskyn, wie hom oor die kole gehaal het vir sy nalatigheid.

Die man is vroeër vanjaar deur die hof beveel om uit die veiligheidskompleks te trek waar hy saam met die beweerde slagoffers gewoon het. Hy woon sedertdien in ‘n plaaslike ouetehuis.

LEES OOK: Alleged paedophile (62) arrested for sexual assault

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button