Local newsNewsNews

Daar word op matte vir medaljes gestoei

Lede van Lydenburg Stoeiklub het onlangs aan die Johnnie Reitz Big5-stoeitoernooi in Pretoria deelgeneem.

Die toernooi het by die LC de Villiers-sportkompleks by die Universiteit van Pretoria plaasgevind.

Dit is een van dié groot gebeure op die jaarlikse stoeikalender wat deur Noord Gauteng Stoei aangebied word.

Stoeiers van alle ouderdomme uit klubs oor die hele land het hier deelgeneem. Sowat 800 inskrywings is vir die dag ontvang.

Die plaaslike stoeiklub het vier lede gehad wat dit op die matte vir medaljes uitgespook het.

‘n Groot trekpleister by vanjaar se toernooi was die besoek van ‘n stoeiklub vanuit Oregon in Amerika. Sommige stoeiers het die geleentheid gehad om teen hul oorsese eweknieë te stoei.

Miteyo de Villiers was die enigste een wat kans gekry het om teen ‘n Amerikaner sy staal te wys. Miteyo het goed presteer en ‘n tweede plek (vrystyl in kadette-afdeling) op die podium ingeneem naas die Amerikaner.

Martin Smith het ‘n silwermedalje in vrystyl verower. Die sesjarige Martin Erlank het vir die eerste keer aan ‘n toernooi deelgeneem en met ‘n goue medalje weggestap.

Ruan van der Merwe was die vierde stoeier van Lydenburgse stoeiklub wat aan die Johnnie Reitz Big5 deelgeneem het, maar het ongelukkig nie ‘n medalje ingepalm nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button