CrimeNews

Wanneer kan ‘n saak van crimen injuria geopen word

Crimen injuria is die wederregtelike, opsetlike en ernstige aantasting van die waardigheid of privaatheid van ‘n ander persoon in die samelewing.

MBOMBELA – Crimen injuria verwys na iemand se selfrespek, sy kuisheidsgevoel en subjektiewe waardigheid wat aangetas word deur die dader.

In realiteit word ‘n objektiewe toets egter toegepas deurdat daar as uitgangspunt aangeneem word dat die gedrag wat die waardigheid van ‘n gewone persoon aantas, ook die waardigheid van die klaer wat die saak aanmeld, sal aantas.

ALSO READ : Beweerde pedofiel terug in die hof

‘n Objektiewe toets word aangewend, omrede daar gevalle is waar ‘n hipersensitiewe persoon se waardigheid aangetas kan word, en so ‘n persoon se subjektiewe mening sal van ‘n hoër standaard wees as dié van die deursneemens.

As die verbale aanval nie op ‘n spesifieke persoon gerig word nie, maar teen ‘n groep mense waarvan hy/sy deel vorm, sal daar nie aangeneem word dat sy/haar persoonlike waardigheid aangetas is nie en sal ’n klag deur so ‘n persoon nie slaag nie.

ALSO READ : Pieter Koen bring jolyt na Moving Mountains

In Umfaan (1908 TH 62), dreig Umfaan om sy werker en dié se medewerker te skiet. Sy woorde was: “Ek gaan julle skiet.” Die hofbeslis dat dit nie crimen injuria was nie, want die woorde het nie die werkers verneder nie.

‘n Persoon se privaatheid word geskend as ‘n afluisterapparaat geplant word en daar ingeluister word op die privaatgesprekke van ‘n person, asook wanneer vertroulike pos sonder sy toestemming oopgemaak word.

ALSO READ : Nellies se redenaars presteer nasionaal

Die mees algemene manier waarop ‘n vrou se privaatheid aangetas word, is wanneer sy afgeloer word terwyl sy ontklee.

Die reg op privaatheid is nie ‘n absolute reg nie en is in sommige gevalle veroorloof. Die ondersoekbeampte moet homself laat lei deur die heersende sedelike opvattings van die gemeenskap.

In die saak van (SHARP 2002 (1) SASV 360 (CK)) word Sharp deur ‘n vroulike polisiekonstabel gevang. Die konstabel se man was die voorsittende landdros in dieselfde saak waarin Sharp homself bevind. Sharp skel die polisievrou en sê vir haar “jou bitch”. Gevolglik vind die hof toe vir Sharp skuldig aan crimen iniuria. Op hersiening vind die hoë hof dat die hof in die eerste instansie gefouteer het in die uitspraak, en  dat Sharp nie skuldig is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button