In watter gevalle kan jy as ‘n medepligtige skuldig bevind word?
Dit is wanneer ‘n persoon skuldig is tot die pleging van ‘n misdaad, selfs al voldoen hulle nie aan al die vereistes vir aanspreeklikheid uiteengesit in die misdaadsomskrywing van ‘n misdaad nie.

MBOMBELA – ‘n Medepligtige se gedrag kom neer op die wederregtelike en opsetlike bevordering van ‘n misdaad wat deur iemand anders gepleeg word.
Dit wil sê, ‘n persoon bevorder, vergemaklik of moedig die pleging van ‘n misdaad deur iemand anders aan.
ALSO READ : Annatjie Myburgh murder, the impact on her family’s lives
Daar word ‘n streng aksessoriese benadering in die Suid-Afrikaanse reg gevolg. Die dader in ‘n misdaad moet toerekeningsvatbaar wees voordat ‘n mens as ‘n medepligtige aangekla kan word.
Niemand kan as ‘n medepligtige aanspreeklik wees as iemand anders nie as dader aanspreeklik is nie.
Indien die dader in ‘n misdaad nie skuldig bevind kan word nie, omdat hy/sy ten tyde van die misdaadpleging ontoerekeningsvatbaar was, kan ‘n persoon nie as ‘n medepligtige vir die pleeg van ‘n misdaad, skuldig bevind word nie.
ALSO READ : Community saddened by Golf Club Victims’ death
Parry 1924 (A) 401 is ‘n interessante saak waar die dader van ‘n misdaad geestesversteurd was, wat beteken dat hy nie psigologies by sy sinne was toe die moord gepleeg was nie. Parry en die dader het ooreengekom om ‘n persoon te vermoor.
Hy word deur die hof onskuldig bevind en gestuur na ‘n inrigting vir verdere evaluasie. Parry se verweer was dat hy slegs ‘n medepligtige tot die moord kan wees, want hy het nie self die moord gepleeg nie.
Die hof verwerp hierdie argument, want hoewel hy wel ‘n medepligtige kan wees ingevolge beperkte aksessoriteit, volg ons reg dit streng na.
ALSO READ : Suspect caught from linked fingerprints
Dit beteken dat Parry nie ‘n medepligtige kan wees nie, want die dader is ontoerekeningsvatbaar as gevolg van sy geestestoestand.
Parry word toe deur die hof skuldig bevind as ‘n mededader en nie ‘n medepligtige tot die moord op die slagoffer.

Iemand wat versuim om die polisie of slagoffer te waarsku oor ‘n misdaad wat gepleeg gaan word, of wat ‘n onskuldige toeskouer is tot ‘n reeds gepleegde misdaad, kwalifiseer nie om as ‘n medepligtige tot ‘n misdaad aangekla te word nie.
‘n Medepligtige is strafbaar met dieselfde strawwe as die wat ‘n dader opgelê kan word, maar dit beteken nie dat ‘n hof in die uitoefening van sy diskresie aan ‘n medepligtige ‘n swaarder of ligter straf kan oplê nie.
