Local newsNews

Tienerdrama wen toekennings

Dit was onlangs die Kultuurweek by Hoërskool Nelspruit en die fees het met die tienertoneelstuk, Val, gly…SKOTVRY! afgeskop.

Die stuk is die skool se inskrywing vir vanjaar se ATKV Tienertoneel en is deur leerders, Anja van Rooyen en Nina van Eeden, in samewerking met die regisseur, Frances van Niekerk, geskryf.

Val, gly…SKOTVRY! handel oor die wel en weë van verskeie tieners wat weens ernstige oortredings in ‘n jeugaanhoudingsentrum, Bossasa Kids, bly.

Weens korrupsie is daar geen geld om die sentrum aan die gang te hou nie en word dit gesluit. Wat gaan van die kinders word?

Dit het tydens die ATKV Tienertoneel- kompetisie op 31 Julie in Ermelo verskeie nasionale bronstoekennings ontvang.

Toekennings is ook aan Aniska Breedt, Kathrine Rademeyer en Carmen Venter vir verhoogbestuur, Zelmy Joubert vir choreografie en die “Kanaries”-ensemble, Anrich Eloff, Kethan du Plessis en Egan Grobler gemaak.

ALSO READ: One dead in horrific accident between a truck and bakkie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button