Local newsNewsNews

Onvoldoende fondse, bedrog?

'n Persoon wat goedere koop met die medewete dat daar nie geld beskikbaar is in sy rekening nie, kan moontlik tronkstraf opgelê word.

Mbombela – Bedrog is die wederregtelike en opsetlike maak van ‘n wanvoorstelling wat werklike benadeling tot gevolg het, of wat potensiële nadeel vir ‘n ander kan inhou.

Dit is nodig om eers bedrog as ‘n kriminele oortreding te ontleed, voordat verstaan kan word wanneer die sanksie toepassing vind op ‘n mens se optredes.

ALSO READ: Mpumalanga murder and robbery statistics at a 10-year high

Bedrog kan gepleeg word, selfs al is daar geen daadwerklike vermoënsregtelike nadeel aanwysbaar nie. Vermoënsregtelike voordeel is ‘n voordeel waaraan ‘n geldwaarde toegeskryf kan word. Vir bedrog is potensiële nadeel, selfs al is dit van ‘n nie-vermoënsregtelike aard, voldoende.

Met wanvoorstelling word bedoel dat ‘n persoon mislei word deur ‘n stel feite wat onwaar is.

ALSO READ: GRIP is in need of your donation

Wanvoorstelling kan verbaal geskied, maar ander gedrag as die gesproke of geskrewe woord sal egter ook voldoende wees, soos om ‘n mens se kop te knik as instemmende gebaar.

‘n Wanvoorstelling kan uitdruklik of stilswyend gemaak word. Gewoonlik in die gewone loop van sake gee iemand wat goedere op skuld koop stilswyend te kenne dat hy of sy ten tyde van die koop gewillig is om te betaal en ook oor die nodige fondse beskik. As die persoon wat die goedere koop nie die bedoeling het om te betaal nie, maak hy of sy ‘n wanvoorstelling.

ALSO READ: Rezoning at Klipspringer Primary will not affect its construction

Valse beloftes omtrent die toekoms, waar iemand beloof om in die toekoms iets te doen, en daaarna nalaat om sy of haar beloftes na te kom, kan ook op bedrog neerkom.

In die saak van (Deetlefs 1953 (1) SA 418 (A)D) koop Deetlefs ‘n motorvoertuig en betaal met ‘n vooruitgedateerde tjek. Daar was nie genoegsame fondse in Deetlefs se bankrekening nie en die tjek word toe deur die bank geweier. Hy word daarna aangekla en skuldig bevind aan bedrog. Die hof beslis dat hy ‘n bedrieglike wanvoorstelling gemaak het en dat hy geweet het dat hy nie geld in die bank het toe die kooptransaksie aangegaan is nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button