Local newsNews

Verhoogproduksie steel beoordelaars se harte en palm die toekennings in

MBOMBELA - Curro Nelspruit het onlangs weer gewys waarom hulle toneelspel tops is toe hulle aan die Curro Create Youth Theatre Festival by Curro Aurora in Johannesburg deelgeneem het.

Die skool het almal se verwagtinge oortref toe hulle 22 ander Curro-skole uitgestof het en as die algehele wenners in die Mpumalanga/Gauteng/Noordwes-streek aangekondig is.

Tydens die kompetisie is hulle produksie, Talaiporia, ook as die beoordelaars se gunsteling aangekondig.

Met hierdie produksie het hulle ook vroeër vanjaar ‘n tweede plek by die ATKV-tienertoneel se streeksfees verower.

Hierdie eerste plek het ook daartoe gelei dat hulle gekies is om in Oktober aan die landswye finale deel te neem.

Die beoordelaars van die gesogte kompetisie, wat deur Hennie van Greunen en Pedro Kruger van stapel gestuur is, was Vinette Ebrahim van 7de Laan, Terence Bridgett van Dwaalster en Mahlatsi Mokgonyana van Egoli Ketekang.

Om dit so regverdig as moontlik te maak, beoordeel die drie al die toneelstukke dwarsdeur die land, en hulle kon nie uitgepraat raak oor die toneelstuk en die spelers nie.

ALSO READ: Spring Cleaning is in the spirit of Waterval Boven

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button