Local newsNews

Ons gaan nou braai

Braaivleisvure, visvang, goeie musiek en uitstekende kos - als ter viering van Erfenisdag.

Erfenisdag hierdie jaar is gevier soos net die Suid-Afrikaners kan.

Lees ook:https://corridorgazette.co.za/299371/malalane-cricket-club-reg-vir-aksie/

 


Sugar Train Restaurant buite Malalane het hout, braaipakkies, pap, sous en slaai voorsien.


Die vure het van 10:00 af gebrand en alhoewel dit bewolk was, het dit nie die braaiers afgeskrik nie. Daar was deurgans wors, sosaties en biefstuk op die kole.


‘n Paar manne was selfs braaf genoeg om mekaar uit te daag om deur die dam te swem. Die kinders is vermaak met visvang, ‘n springkasteel en ponieritte.


Bestuurder Louis Kotzé en chef Alecia Willemse het gesorg dat almal se mae en glase vol bly, en ook genoem dat hierdie die eerste kuier van vele gaan wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button