Local newsNewsNews

Waterval CVO-skool spog met ‘n splinternuwe saal wat Vrydagaand ingewy is.

Die saal is vernoem na van die vallei se oudste inwoners, Salomon en Antoinette Joubert.

Die skool het vir lank ‘n klaskamer as ‘n saal gebruik. Soos die skool se getalle vermeerder het, het die behoefte vir meer klaskamers en ‘n saal ontstaan.

Lees meer: Leerders presteer by kultuurfees

Bouwerk is vroeër vanjaar begin, en wat ‘n goeie manier was dit nie om die plaasskool se saal met ‘n dans en lekker braai in te wy nie.

Die opening is goed deur die gemeenskap ondersteun en kort voor lank is daar lekker op die nuwe saalvloer geskoffel.

Die Joubert-saal kort nog ‘n paar afwerkings, maar sal binnekort gereed wees om te gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button