Local newsNews

Bossies Community Justice vier 10 jaar

Die nie-winsgewende organisasie het hul 10-jaar feesvieringe gehou by Kwanyoni Lodge.

 

“Om tien jaar van Bossies te kan vier maak my baie trots. Dit gee my hoendervleis.” Só het Bossies Community Justice (BCJ) se stigter, Rupert Taljaard, sy toespraak Dinsdagaand begin.

 

Taljaard het van Yzerfontein af Laeveld toe gereis om deel te wees van die organisasie se 10-jaar feesvieringe by Kwanyoni Lodge.

 

“Die mense in Nelspruit is daar vir mekaar. Wanneer jy iemand nodig het, steek hulle hul hande in die lug. Dit kry ‘n mens nie oral nie,” het hy benadruk. 

 

Albert Gryvenstein is die organisasie se operasiebestuurder. “Vanaand vier ons natuurlik tien jaar, maar ons bedank ook ons borge wat ons al so lank staande hou, en vier suksesse,” het hy gesê.

ALSO READ: Oom Willie Basson spring in wanneer daar hulp benodig word

BCJ-voorsitter Buks Esterhuizen het opgewonde vertel dat die nuutverkose BCJ-komitee ‘n energieke klomp is met groot planne.

 

Hy het die gemeenskap gevra om BCJ te borg en sodoende te verseker dat hulle gemeenskapsveiligheid sal bly versterk. “Oor 20 jaar is ons hopelik bevoorreg genoeg om meer helde soos Albert te kan aanstel,” het hy sy hoop uitgespreek.

 ALSO READ: Fire season not over yet

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button