Local newsNews

Guardian Angels bederf seniors met kersete

Die drinkbare melktertjies was 'n absolute wenner

HECTORSPRUIT – Die Guardian Angels het verlede week die jaar afgesluit met ‘n kersete vir seniors by die Buffel Hotel.

LEES OOK:terugblik-op-jare-die-onderberg

Eva Bruce, voorsitter van die Angels, het die dag geopen deur almal welkom te heet by hierdie laaste funksie van die jaar. Die seniors is ‘n geseënde en veilige feesseisoen toegewens. Denyse Potgieter het ‘n gebed gedoen.


Mechanne van Eeden van die Buffel het die tonge behoorlik losgekry met een of twee, en in sekere gevalle, sommer drie, melktertjies vir die gaste. In hierdie geval, was hierdie nie die tipe wat gebak word nie. Daarna is koevertjies met ‘n ietsie in uitgedeel aan almal teenwoordig.


Daar is Bingo gespeel en stories uit vergange se dae gedeel. ‘n Heerlike ete met ‘n groot verskeidenheid soet bederfies is daarna voorgesit.


Die Angels wil die volgende borge bedank wat die seniors se ete geborg en ook donasies gemaak het: Corridor Gazette, MBM Protection, Lowmed EMS, Gemla, Mahindra Malalane, Johan Deysel, Henk en Marion ten Cate en Suzette van Staden. Groot dankie ook aan die Buffel Hotel vir die perseel, al die moeite en die heerlike kos.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button