Groot terugslag vir paalsitter na wêreldrekord
Vernon Kruger, die wêreld bekende "paalsitter" het pas sy eie Guinness-wêreldrekord vir die langste tydperk in 'n vat op 'n paal sit verbeter het, het 'n onverwagte terugslag beleef.

DULLSTROOM – Die 52-jarige Kruger se groot opgewondenheid oor sy nuwe rekord, toe hy sy poging van 1997 met 67 dae in ‘n balie nou in Februarie 2020 tot 78 dae en 23 uur verbeter het, is oorskadu deur die nuus dat hy moontlike nie langer sy loopbaan as kommersiële duiker voort kan sit nie.
Dit is as gevolg van ‘n ernstige long-probleem wat Kruger kort na die rekord poging ontwikkel het. “Dit was regtig vir my ‘n skok toe die spesialis bevind ek het nie net ‘n bloedklont in my long ontwikkel het nie, maar my linker-long het ook platgeval,” het Kruger gister telefonies vanuit Dullstroom vertel waar hy langs die vaatjie waarin hy pas bykans 79 dae deurgebring het, sit.
LEES OOK: Albert Frost wys sy talente op die kitaar
“Omdat ek as kommersiële duiker gevaarlike en baie diep en langdurige duike onderneem, is dit krities dat ek in tiptop gesondheid moet wees.”
Met die jongste terugslag blyk dit of hy nooit weer sy duikpak sal aantrek en die suurstof-helm op sy kop sal sit nie.
Minute nadat Kruger op 1 Februarie met ‘n helikopter uit die vaatjie gelig is en hy sy voete op die grond neersit, het hy agtergekom hy haal baie swaar asem.

Paramedici het hom ondersoek en vermoed die lang sit in die vaatjie op die 30 m hoë paal, asook die lugdruk, hom negatief kon affekteer het.
“Ek is twee dae later na ‘n spesialis in Pretoria vir ‘n behoorlike ondersoek. Met bloedtoetse het die dokter vasgestel daar is ‘n bloedklont in my long,” vertel Kruger.
Om die diagnose te bevestig, het hy ‘n MRI-skandering ondergaan.”Daar is toe vasgestel daar is wel ‘n bloedklont, maar my linkerlong het ook heeltemal platgeval.”Die bloedklont is sedert die bloedtoetse met medikasie behandel omdat daar vrese van ‘n beroerte was.”

In hierdie stadium voel hy fiks en gesond, hoewel het steeds kortasem raak as hy ‘n ent geloop het, sê Kruger.
Oor ‘n maand moet hy weer vir ‘n skandering gaan. “Hopelik is die nuus dan beter.” Hy is tans in Dullstroom waar die vaatjie van die paal afgehaal gaan word, en die paal dan afgesaag word.
“Ek moet by wees om die vaatjie te sertifiseer as die werklike een waarin ek my rekord opgestel het. Die rekordhouding van die jongste poging word nie na Guinness World Records gestuur om as ‘n nuwe wêreldrekord gesertifiseer te word. Sal hy dit weer doen? “Ek het aanvanklik gesê nooit weer nie, maar ek het ook al in my lewe geleer, never say never!”
LEES OOK: Innibos storie-krôl skop af
