Local newsNews

Steelies musiekfees reuse sukses

Die leerders van Steelpoort Akademie het verlede naweek 'n musiekfees gehou wat oud en jonk van vroeg tot laat vermaak het.

Allerlei stalletjies met produkte, van soetrissiesous tot handsakke en biltong, het talle kopers gelok. Vir die kinders was daar ook nie ‘n tekort aan vermaak nie. Kaskarre was beskikbaar waarin hulle tot laatnag rondgery het. Sommige het mekaar uitgedaag vir ‘n resies en daar is vir ure op hierdie karretjies rondgerits.

Lees gerus meer: ‘n Uitdaging eindig in ‘n fees

Vir diegene wat eerder net wou rustig wees en ontspan en die fees ten volle geniet, was daar vierwielaangedrewe motorfietse wat karretjies na van die besienswaardighede gesleep het.

‘n Groot verskeidenheid springkastele was op die rugbyveld staangemaak. Elkeen was anders in kleur en vorm en kinders kon kies op watter een hulle wil spring en baljaar.

Lees nog ‘n artikel hier: Winterveld fees 2016

Deur die verloop van die dag was daar kunstenaars wat feesgangers vermaak het. Die groot trêkpleisters was egter Franja du Plessis en Brendan Peyper wat tot laatnag vir hope vermaak gesorg het. Dit was ook ‘n gulde geleentheid vir paartjies om ‘n bietjie danspassies op die vloer vir ‘n lekker skoffel uit te oefen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button