Local newsNews

NHS Onnie keer terug vir behoorlike afskeid

'n Onderwyser, koshuisvader en adjunkhoof by NHS, Kobus Hartman, het aan die einde van die vierde kwartaal in 2019 die aanstelling as skoolhoof van Hoër Landbouskool Boland aanvaar.

Die aankondiging is gemaak enkele dae voor die skool vir die Desember-vakansie gesluit het. Beperkte tyd het dit nie moontlik gemaak vir die gemeenskap om behoorlik afskeid te neem van Hartman en sy gesin nie.

Hy kon gelukkig ‘n tydjie afknyp en het vroeg in die eerste kwartaal die Laeveld besoek. Die personeel het nie op hulle laat wag nie en ‘n spesiale funksie is gereël om Hartman op ‘n gepaste wyse te groet en te bedank vir sy uitmuntende diens.

“Dit het vir my gevoel soos ‘n tuiskoms,” het Hartman gesê.
Personeel en spesiale vriende het verlede maand saam met hom by Friends Café gekuier.
NHS-skoolhoof, Johan Hattingh, het ‘n oomblik geneem om die diep spore wat hy by die skool getrap het te beklemtoon, en hom sterkte toegewens vir dit wat hy nou gaan aanpak.

LEES OOK: Bobaas-bakker gekroon vir die beste tradisionele melktert by vanjaar se melktertuitdaging

Hartman het ‘n terugblik gegee van sy tyd by NHS en wat dit vir hom beteken het. Hy het ook ‘n bietjie meer vertel van sy nuwe rol as die hoof van Boland Landbou. Dit was dan ook nog nie die laaste afskeidsfunksie vir Hartman nie.

Die dames van Huis Maré het die volgende oggend ‘n heerlike ontbyt vir hom voorgesit. Hy het gesê dat dit met die eerste intrapslag vir hom ‘n emosionele oomblik was. Dit was ook baie hartseer vir die meisies om afskeid te neem van die koshuisvader wat vir soveel jare betrokke was by hulle doen en late.

LEES OOK: Helpende Hand skep hoop vir 2020

Hartman se besorgdheid, geloof en standvastigheid gaan beslis gemis word. Soos wat dié hoofstuk van die Hartmans by NHS tot ‘n einde gekom het, het ‘n nuwe een nou vir hulle aangebreek. “Ons wens hom en sy gesin baie sterkte en vreugde toe,” het Hattingh gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button