Liedere weergalm in Sudwala-grotte
Elvis Blue het na 'n jaar weer teruggekeer na die dorp met 'n vertoning by die Sudwala-grotte.

Izelle Pretorius van Moving Mountains het gesê dat die vertoning ‘n reusesukses was, net soos laas jaar.
Elvis het die gehoor vermaak met sy Afrikaanse treffers en het ook ‘n paar Engelse liedjies gesing. Hy het die vertoning afgesluit met sy bekende treffer “Lighthouse”.


LEES OOK: SAVF Rustig hou jaarlikse basaar by NG Kerk Witrivier
Laerskool Nelspruit se junior- en seniorkoor het ook opgetree.
Die aand was opgedra aan Sean Adlem, ‘n gr. 7-leerder van Laerskool Nelspruit, wat sy kankerbehandeling die week voor die vertoning voltooi het.
Moving Mountains het bekendgemaak dat hulle al Sean se uitstaande rekeninge betaal het, en ‘n verdere R12 000 ingesamel het met ‘n R20-uitdaging.
Moving Mountains het ook BUCO, Produkta Motor Group, Chippo’s, Que’s Café, Sudwala Chalets en Oasis bedank vir hulle bydrae.
