Local newsNews

Wurms in oes saai verwoesting in gras gewasse

'n Kommando-wurmplaag het 'n draai in die vallei kom maak. Dié larwes saai verwoesting so ver as wat hulle gaan.

Plaaslike boere het onlangs lelik deurgeloop onder hierdie klein gedierte se verwoesting. Een boer het aan Steelburger/Lydenburg Nuus vertel dat sy een lusernland totaal verwoes is as gevol van die wurmplaag.

“Ons het vroeër jare hulle wel by ons gehad, maar kon dit vinning onder beheer kry. Hierdie jaar, weens die laat reënval en veranderende temperature, het hulle getalle drasties vermeerder en voor ons kon optree, was een lusernland totaal verwoes en ‘n ander een het lelik deurgeloop. Ons boer met ander gewasse ook wat met hulle eie kwale kom, maar is afhanklik van die lusern vir veevoer,” vertel hy.

Herfs is ‘n naelbyttyd vir boere wat grasgewasse betref. Agrior, ‘n nasionale webtuiste wat peste en plae beskryf, meen dat die wurms reeds in groot dele oor die land voorkom. Volgens hulle webwerf, www.agrior.com, vorm die wurms kolonies en dis as gevolg van hulle enorme getalle dat soveel skade aangerig word.

Ander nuus in boerdery: Plaas diefstal ruk hand uit in Burgersfort en omliggende dorpe

Daar is egter verskeie kommando-wurms, naamlik die Afrika-, die klein- en die herfskommandowurm. Al hierdie se eienskappe is eenders, en die skade wat hulle aanrig ewe katastrofies.

Indien die wurm in sy papievorm opgemerk word, kan hulle gedood word deur middel van chemiese behandeling op die land of deur die land om te ploeg. Maar, wanneer boere bewus word van die probleem, is dit in sommige gevalle soos bo genoem, reeds te laat om op te tree. Die wurm word uitgeken aan ‘n kenmerkende gestreepte lyf, onderskeidelik bruin, ligbruin en geel, met fyn swart kolletjies bo-op die lyf. Boere moet ook op die uitkyk wees vir die tipe wurm se motte, wat ‘n teken is van ‘n moontlike plaag wat kan kop uitsteek.

Boere nuus: Boere en inwoners spring in om onooglike gemors te verwyder

Agrior beskryf die mot van die Afrika-kommandowurm as bruin van kleur, met wit agtervlerke en kenmerkende donkerder patrone op die voorvlerke. Motte kan oor duisende kilometers migreer, veral tydens jare met plaaguitbrekings. Motte migreer vroegaand en kan ‘n hoogte van tussen 300 en 1 000 m bo grondvlak bereik. Motte beweeg windaf op lugstrome, gewoonlik vanaf die warmer noordelike buurstate soos Zambië, Zimbabwe of Mozambiek, na Suid-Afrika.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button