Local newsNews

Opgetof om vullis uit te vat

Die pêrels is afgestof en om nekke gedrapeer om die vullis uit straat toe te neem.

 Sonja Drayton het verlede week inwoners op haar erf omgepraat om saam met haar mooi aan te trek wanneer hulle hulle vullissakke uitvat straat toe.
Drayton se motivering vir die optofsessie het ontstaan na sy ‘n Facebook-inskrywing gesien het waar iemand sê hulle so opgewonde is om die vullissakke uit te vat, dat hulle nie weet wat hulle moet aantrek nie.
“Dit was iets lekker vir ‘n verandering,” sê sy. Volgens haar skep dit ‘n samehorigheid onder mense tydens die nasionale inperking weens die koronavirus.
Drayton vertel dat sy nie te veel tyd en beplanning aan haar uitrusting bestee het nie. “Dit was ‘n krap-en-plak-taak.”
Drayton sê dat een van haar buurvroue besluit het dat, omdat sy nie kerk toe kan gaan nie, sy haar kerkklere sou aantrek. ‘n Ander buurvrou het vir ‘n wyle in Dubai gewerk en dus was ‘n kopstuk deel van haar uitrusting.
Drayton se dogter, Candice Leach, sê haar ma kan partymaal effens vreemd voorkom.
“Vir so lank as wat ek kan onthou, het sy nog altyd die beste van ‘n slegte saak gemaak.”
Drayton sê sy weet nie of dit ‘n weeklikse gebeurtenis gaan word nie, maar sy moedig ander mense aan om dit ook te doen.
“Vra jou bure om dieselfde tyd in die oggend hul vullissakke uit te neem. Groet of wens hulle sterkte toe met ‘n handgebaar wanneer julle mekaar sien.”
Haar boodskap aan alle inwoners is om tuis te bly en na hulself om te sien om verspreiding van die virus te bekamp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button