Editor's choiceGalleriesHard newsLocal newsNewsNewsNews galleries

In foto’s: HSL volstoom aan die werk

Graad-12 leerders het reeds op 3 April aanlyn 'n toets geskryf.

LYDENBURG – Ten spyte van die grendeltydperk, is Hoërskool Lydenburg (HSL) volstoom aan die werk. Dié skool handhaaf tans klaswerk en modules deur middel van verskeie sosiale-media platvorms en e-leer onderrig. Volgens waarnemende hoof Chrismari Aucamp, het die onderrig van leerders op 31 Maart begin.

Leerders ontvang soggens om 08:00 WhatsApp-boodskappe met die dag se werk, net soos tydens ‘n gewone skooldag. “Opsommings en ‘n stemboodskap wat toeganklik is vir die meerderheid leerders word bygevoeg wat die inhoud van die werk verduidelik. Leerders is dan self verantwoordelik daarvoor om deur die teorie te werk en die oefeninge te doen. Hulle kan enige tyd vrae vra, hetsy op die WhatsApp-klasgroep of deur ‘n privaat boodskap.”

Fisiese wetenskap-leerders vir graad 11 en 12, stuur dan van 12:00 af antwoorde terug. “Aan die einde van elke onderwerp skryf ons gewoonlik ‘n toets om te bepaal of die werk bemeester is. Graad-12 leerders het reeds op 3 April aanlyn ‘n toets geskryf.”
Die skool maak ook gebruik van Facebook, ‘n program genaamd D6-Communicator en Instagram. “Dit gaan werklik goed met die e-leer wat ons tans toepas. Ouers, kinders en die onderwysers is almal baie positief oor die nuwe platvorms wat die skool gebruik om te verseker dat leerders steeds op hoogte bly van belangrike skoolwerk.”
Dié skool se leuse is nie verniet “Padlangs” (reguit praat) nie. By HSL word kommunikasie reguit en direk aan leerders verskaf ten spyte van die afsonderingstydperk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button