OPVOLG: Innibos gaan voort, maar dalk eers later as beplan
Dit sal afhang of die verbod op openbare geleenthede verder verleng word.

Buig of bars, die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees gaan voort.
“Ons sal egter eers na die inperking kan bevestig wannneer die fees sal plaasvind,” het die feesbestuur onlangs in ‘n persverklaring bekend gemaak.
“Na aanleiding van President Cyril Ramaphosa se verlenging van die grendelstaat, sal ons eers ná hierdie tydperk finaal kan bevestig of Innibos wel vanaf 24 tot 27 Junie kan plaasvind,” het die verklaring gelui.
Lees ook: Innibos se feesbeplanning gaan voort
Dit sal ook natuurlik afhang of die verbod op openbare geleenthede verder verleng word.
“In hierdie stadium gaan ons span voort met die feesbeplanning, want ons gaan vir seker vanjaar fees hou – as dit nie in Junie kan wees nie, sal dit later in die jaar wees. Ons sal nietemin geen besluit neem wat die publiek enigsins in gevaar sal stel nie. Ons wens vir julle veiligheid en rustigheid toe in hierdie tyd – saam sal ons oorwin,” het Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos gesê.
KYK: Gewilde Laeveld kunstenaar bring hulde aan die hart tydens inperking
