Local newsNews

Veldwagters steeds opsoek na leeus in Marloth-woonbuurt

Inwoners moet steeds tuisbly en agslaan op gister se waarskuwing dat daar leeus binne die omheining van die bosbuurt rondloop.

MARLOTHPARK – Spanne veldwagters en veiligheidsmanne was vanoggend weer op soek na die leeuwyfie en haar welpies wat binne die woonbuurt opgemerk is.

Daar is aanduidings dat die spannetjie nou al twee dae of meer tussen die huise rondbeweeg. Gisteraand is geluide wat na leeus klink weer in die woonbuurt gehoor, het inwoners vanoggend vertel.

Dit mag ook die geluide wees van ‘n aantal leeus wat hulle nou al vir enkele dae op die wal van die Krokodilrivier oorkant Marlothpark in die Nasionale Krugerwildtuin, tuisgemaak het.

Strate waar mense liefs nie meer ‘n oggendstappie moet neem nie, is Waterpeer, Raasblaar, Eland, Naboom, Steenbok, Zebra, Tarentaal en Swartwitpens.

Talle leeus, onder meer met welpies, is ook die afgelope dae oorkant die Krokodilrivier aan die Nasionale Krugerwildtuin se kant opgemerk, en ook vanaf die uitsigpunt oor die wildtuin waar Steenbokstraat by Seekoeistraat aansluit, afgeneem. Die foto’s is op Facebook geplaas.

Ook die bekende roofdierkenner van Mpumalanga Toerisme en Parkeagentskap, Gerrie Camacho, het persoonlik ‘n waarskuwing uitgestuur en gesê dat dit belangrik is om dit ag te slaan vir die veiligheid van die inwoners sowel as die diere. Camacho het nog nie reageer op ‘n versoek om Laevelder te kontak nie.

LEES OOK: Laeveld se ‘onbekende swendelaar’ eindelik begrawe

‘n Inwoner van Marlothpark het die leeuwyfie en haar welpies self gesien.

Uschi Powell het haar ervaring met die leeus op die Facebook-groep “Marloth Park Honoury Rangers” as volg beskryf:

“Yesterday afternoon, we heard the warning snort of impala in our garden. At first we thought it was the usual mating calls, but it was very intense and very different.

I looked in the direction that the impala was looking and wow: A lioness and three cubs were right at the edge of our garden, watching the impala. With great excitement my husband grabbed the camera and started to take some pictures from the patio.

“Unfortunately the lioness spotted him and made a very quick exit with the cubs in tow. We only got one picture, but it certainly was a six-year dream come true – lions in our garden!

“The feeling I had was absolute exhilaration, excitement and awe.

“In spite of all the excitement I would like to warn everyone that reads this: Be aware, a lioness with cubs is extremely dangerous! She will protect her cubs at all costs. If you spot her, please contact the municipal rangers’ stand-by number at 082-802-5894 immediately. For her and our safety, she needs to be located and relocated back to the Kruger. Pity we cannot keep her!”

LEES OOK: NHS se eie prinses Diana oorlede

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button