Local newsNews

Kleingoed se welstand geniet hier voorkeur

Hulle was ook die laaste van die onderrig-instansies wat toegelaat is om te heropen. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het verlede week aangekondig dat hulle wel weer kan oopmaak, mits hulle al die veiligheidsmaatreëls nakom.

Plaaslike kleuterskole, dagsorgsentrums en sentrums vir vroeë kinderontwikkeling is verheug om na meer as 100 dae te heropen.

Dit volg na alle skole en voorskoolse sentrums in Maart tydens die grendeltydperk gesluit is. Baie van dié sentrums verkeer egter onder geweldige finansiële druk na hulle vir bykans drie maande gesluit was en minimale skoolgeld van ouers ontvang het.

 

Hulle was ook die laaste van die onderrig-instansies wat toegelaat is om te heropen. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het verlede week aangekondig dat hulle wel weer kan oopmaak, mits hulle al die veiligheidsmaatreëls nakom.

ALSO READ: IN PICTURES: Local schools ready for the new way of learning

Adele Vox van Krappies en Krefies Kleuterskool het aan Steelburger/Lydenburg Nuus vertel dat plaaslike sentrums nou met die departement saamwerk om te verseker dat al die regulasies gevolg word.

“Die hof het gelas dat alle skole verantwoordelik moet wees en ons weet dat as ons met die departement saamwerk, hulle ons die nodige ondersteuning sal gee om die skole te beveilig. Die departement het selfs ‘n WhatsApp-groep gestig om ons met vrae en inspeksies te help. Dit klink of alle plaaslike skole op standaard is as ‘n mens na die gesprekke in die groep kyk,” het Vox gesê.

 

Lynette Breytenbach van Doodlebugs Kleuterskool het genoem: “Dit is ‘n groot verligting om weer te kan heropen. Ons het verskriklik na ons kinders verlang en dit was ‘n moeilike pad. Ons is net bly om uiteindelik te kan doen waarvoor ons lief is, en dit is om skool te hou. ”

Plaaslike kleuterskole het streng higiëne maatreëls in plek gestel.

“In die baba-afdeling het ons al die sagte speelgoed verwyder. Elke baba het hul eie speelgoed en toerusting wat net vir daardie spesifieke kind gebruik word. Alle oppervlaktes word skoongemaak met Dettol en ontsmet.
“Hulle het almal hul eie bed waarin hulle slaap en die deel van beddens word glad nie toegelaat nie,” verduidelik Breytenbach.

ALSO READ: Rehobot Gemeente opens its doors for the first time since the beginning of lockdown

“Wat kleuters betref, word hulle besig gehou in die klaskamer binne hul eie werkruimte. Dit is met rooi kruise gemerk en is twee meter van mekaar. Ons laat geensins die deel van voorwerpe toe nie. Elkeen het hul eie legkaarte, klei en inkleurboeke. Hulle het hul eie kosblikke en sapbottels wat gemerk is. Die kinders word in hulle aangewese ruimtes gehou om kruisbesmetting te voorkom. Ons ontsmet voortdurend en elke kind het hul eie bottel Dettol en veedoekies. Dit word ook nie gedeel nie. ”

 

 

Soveel as wat sy gelukkig is om terug te wees, het die nuwe normaal die manier van dinge doen verander. “Buitespeel is baie moeilik en dit breek my hart. Die kinders moet genoegsame afstand van mekaar hou. Die gebruik van klimrame, glyplanke of swaaie word nie toegelaat nie.”

 

Breytenbach het gesê dat dit baie moeilik is vir die kinders, hoewel onderwysers weet dat die nuwe maatreëls die kinders veilig hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button