Local newsNewsNewsSchools
Vlammies verwelkom hul nuwe personeellede
Hoërskool Bergvlam se personeel is gereed vir 2021 en het op 1 Februarie met voorbereiding vir die nuwe skooljaar begin.

Die skool verwelkom sewe nuwe personeellede: Elsa van Zyl, Malanda Steyn en LeClue Cilliers, asook die onderwysstudente vir die jaar, Chizelle Benson, Lee Buys, Anya Pretorius en Kamille Reekers.







“Ons sien baie uit na die jaar wat voorlê en kan nie wag vir ons leerders om terug te kom nie,” het Mandy Barnard, skakelbeampte van Hoërskool Bergvlam, gesê.
“Daar het ook 30 van ons personeellede met noodhulp vlak 2-opleiding begin. Die ander deel van ons personeel is besig met Moodle-opleiding sodat ons 100% gereed is vir wanneer ons leerders terug is by die skool.”
LEES OOK: Liefie die worshondjie is weer veilig tuis
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
