Local newsNewsNewsSport

Laerskool Laeveld se atlete sorg vir groot opwinding

Hoewel die groot trofees Laerskool Laeveld hierdie jaar ontwyk het, was daar verlede Saterdag geen tekort aan welslae vir dié skool nie.

Altesaam 10 goue medaljes, nege silwer en 12 brons is deur die skool se top atlete ingepalm. Dit was veral in die naellope waar atlete soos Banele Sithole, Owethu Shogwe, Khaya Mashaba en Sanri Ras die skool se naam hoog gehou het. Owethu se tyd van 11.52 sek. in die 80 m-seunsitem, 0.01 sek. vinniger as Troy Grobbler van Nellies, was genoeg om hom ‘n goue medalje te besorg.

Banele Sithole.

Dié twee spoedvrate het ook in die 100 m-naellope kragte gemeet, waar Owethu die gaping effens kon verbreed om sy tweede goue medalje vir die dag in te win.

Banele het in ‘n tyd van 13.03 sek. in die seuns 13-item koning gekraai, met sy spanmaat, Athi Kobese, kort op sy hakke, terwyl Khaya in die dogters 11 jaar loshande voor die naaswenner in 14.44 sek. oor die wenstreep gebars het.

Owethu Shongwe.

LEES OOK: Dis weer tyd vir die gewilde Maroela Makiti

Sanri het ‘n goue medalje verwerf toe sy in ‘n tyd van 13.25 sek. die 80 m-naellope voltooi het, en in die 75 m-hekkies het Anzél Moolman in ‘n tyd van 13.61 sek. koning gekraai. Laasgnoemde het ook in die sandput goud verwerf met ‘n afstand van 4,46 m.

Owethu Shongwe.

In die langafstande vir seuns 10 jaar, het Anrich Botha in ‘n tyd van 4:13.15 met die louere weggestap. Diane van der Merwe en Lienkie Vorster het die skool goed op die veld verteenwoordig.

Nadia Lammerding.

Lienke Vorster het goud verwerf met ‘n afstand van 3,62 m in die sandput en Diane het ‘n gewigstootafstand van 9,15 m, en sodoende goud bereik.

Anrich Botha.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button