Local newsLocal sportNewsNewsSport

Hoërskool Lydenburg lewer KNAP VERTONING by interhoër

Na 'n warm dag op Hoërskool Nelspruit se atletiekbaan by die Laeveld Vriendskaplike Interhoër op 26 Februarie, het die atlete van Lydenburg met spoed en sprong algeheel in die derde plek geëindig.

Hoërskool Lydenburg het met hul naellope uitgestaan, en ‘n paar atlete het ook hul stempel by die velditems afgedruk.

Die atlete het algeheel 64 medaljes ingesamel vir hulle puik prestasies. Die dogters het algeheel tweede geëindig en die seuns derde.

Kobus Oosthuizen.

‘n Handvol atlete het in verskeie items die podium gehaal. Thapelo Moloi het drie goue medaljes vir die o. 15 seuns 100 m, 200 m en verspring verower. Hy het die 100 m in 11,46 sek. en die 200 m in 23,51 sek. gehardloop, en die verspring gewen met ‘n afstand van 6,36 m.

Sumarie Louwrens, dogters o. 15, het vier medaljes gewen twee goud, een silwer en een brons. Sy het die 90 m en 300 m hekkies gewen met ‘n tyd van 14,68 sek. en 48,26 sek., tweede gekom in die 100m met ‘n tyd van 13,53 sek., en ‘n brons in die 200 m gekry met haar tyd van 28,18 sek.

Jada Hamman.

Syboné Hanekom, dogters o. 14, het ook vier medaljes gekry vir al haar baanitems – ‘n silwer vir die 200 m, met ‘n tyd van 28,18 sek., ‘n silwer in 300 m-hekkies, met ‘n tyd van 50,74 sek., en brons in 100 m en 400 m, met tye van 13,82 sek. en 01:05.81.

Larischa Kelly, dogters o. 17, het drie medaljes verower – twee goud vir naellope en een brons vir ‘n velditem. Sy het presteer in die 100 m- en 400 m-hekkies met tye van 16,3 sek. en 01:12.34, en het 1,45 m by die hoogspring gespring.

Kabelo Mojalefa.

LEES OOK: Interhoër 2022: Nellies nog eens stewig op die kruin!

Die atlete wat goud gekry het:

• Thapelo Moloi (seuns o. 15) in 100 m (11,46 sek.), 200m (23,51 sek.) en verspring (6,36 m)
• Sumarie Louwrens (dogters o. 15) in 90 m-hekkies (14,68 sek.) en 300 m-hekkies (48,26 sek.)
• Larischa Kelly (dogters o. 17) in 100 m-hekkies (16,3 sek.) en 400 m-hekkies (01:12.34)
• Mtho Ndlovu (seuns o. 15) in 400 m (54,89 sek.)
• Ntiysio Nkanyani (seuns o. 17) in 400 m-hekkies (54,38 sek.)
• Jessica Annandale (dogters o. 19) in hoogspring (1,55 m)
• Reenetse Mkhabela (dogters o. 16) in verspring (4,72 m)
• Ben Fouché (seuns o. 14) in spiesgooi (47,47 m).

Joshua Weber.

Abigajil Wilson.
Tshegofatso Mmotong.
Danie Oosthuizen.
Sumarie Louwrens. > Foto’s: Bartlo Nel
Jessica Annandale.

Marizelle de Klerk.
Mpho Motankisi.

Ntiyiso Nkanyani.

KC Mokwana.
Pieter Maritz.
Lythen Duvenhage.

Anvone Pieterse.
Dumisa Khosa.

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button