Local newsNewsNews

Mbombela-fotograaf raap toekenning op

Johan Orton is onlangs in Solidariteit se #GoeieGons-kompetisie bekroon.

Die #GoeieGons-toekennings vir 2022 is op 13 Mei aangekondig en een van die stad se plaaslike fotograwe, Johan Orton, het sy kategorie gewen.

Solidariteit, die dryfkrag agter hierdie kompetisie, sê dié toekennings gee erkenning aan en vereer talentvolle en kreatiewe kommunikasiekundiges wat nie net hulle werk geniet nie, maar passievol daaroor is, wat skeppende idees ‘n realiteit maak, en wat die vermoë het om stories deur hulle werk te vertel.

Johan Orton. > Foto: Verskaf

Die geleentheid het aanlyn plaasgevind.  Die wenners in elke kategorie ontvang R2 500, ‘n geskenkpak, mediablootstelling, ‘n trofee en ook ‘n BBP-uitnodiging na ‘n glansgeleentheid later vanjaar.

LEES OOK: Dinge kom in drieë – luislange óók by die Nelspruit Dierehospitaal

Orton sê hy is ongelooflike dankbaar vir die erkenning en ook vir Solidariteit vir die geleentheid.  “’n Mens werk nie vir erkenning nie, jy doen dit omdat dit ‘n passie is, maar dis lekker om te weet jy word raakgesien. Ek dank ook die Here vir die talent en die geleenthede wat hy my bied; sonder Hom is ek niks.”

Johan Orton. > Foto: Verskaf

Orton is die voltydse bemarker en skakelbeampte by Laerskool Nelspruit en doen vryskutfotografie vir kliënte soos Colorsport UK, SASPA, Rugby365, Rapport en Caxton Media. Hy het ook al verskeie wêreldsport-geleenthede afgeneem.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button