40 spelers woon gholfdag van Lydenburg Dienssentrum by
Alhoewel ’n yskoue windjie Saterdag 25 Junie gewaai het, het 40 gholfspelers vir die Lydenburg Dienssentrum vir Bejaardes se gholfdag afgeslaan.
Die eerste plek is deur Jakes Vally gewen. Fanie Bam was tweede en Austin Mashego derde. Mashego het ook die langste dryfhou gespeel. Tim Marabane was vierde, Bruce James vyfde en Vic Swanepoel sesde. Die dameswenner was Wilma Griesel en Lenbé Smit was tweede. Shaunette Erasmus, die dienssentrumbestuurder, bedank die Lydenburg Gholfklub en die spelers vir hulle aandeel in die gholfdag.
Lees ook: Dames geniet oggend ten bate van Hervormde Kerk Witrivier
Die dienssentrum bedank ook graag die volgende borge: Ortus Boerdery, Deomarlouw, SN Vleis, JJP Services, DN Makelaars, Lydenburg Apteek, Lydenburg Toyota, Manor Guest House, Gert & Andre Elektries, Otees, Carla, Dolfie@Kleinbegin aanlyngeskenkwinkel, Joubert Apteek, My Smile Dental, Meraki Beauty en Laske Nakke Lodge.




